top of page

​Ons storie...

Gedig

Ek is verlief… Op my beste vriend
My sielsgenoot, my altyd daar
in vreugde en in nood.
Ek is verlief…op my beste vriend,
my luister – oor,
My altyd eerlik al is dit nie wat
ek wil hoor!
Ek is verlief… op my beste vriend,
My klankbord, my sin van
werklikheid wat my heel laat word.
Ek is verlief, op my beste vriend
My lekker-lag, my kielie-
oomlikke, die sonskyn in my dag.
Ek is verlief op my beste vriend.
My altyd-vra, my diep-gesprek
wie se opinie waarde dra.
Ek is verlief… op my beste vriend,
my snippie-ding, my liefie,skat,
die een wat vir my vrede bring.

Ontwerp deur Suiker & Kaneel fotografie / Jenine Bolz 079 889 5836

bottom of page